Nadia du Plooy se getuienis

Nadia du Plooy se getuienis (deur haar ma se oe)

Ek wil vir almal wat ooit deurgaan wat ek, Lize du Plooy, deurgegaan het met my klein dogtertjie, Nadia, met hierdie briefie bemoedig en mag God sy liefde en grootheid en almag ook aan julle openbaar.  Mag God geprys word en mag ons sy goedheid nooit vergeet nie.

Ek kan net getuig dat God ons hulpgeroep gehoor het en ons gebede verhoor het.  Ek het nog nooit in so naby verhouding met my God gestaan as toe ek die dood in die oe moes kyk nie…..

Ek kon nie my klein prinsessie laat gaan nie en ek het God gesmeek met alles wat in my is, dat Hy haar vir ons spaar…  maar alles het gedui op die dood. 

Ek kan jou moeg maak met die detail – ek het alles – tot die bewyse van haar EEG’s, breinscans, bloedtoetse ens.  Alles het gedui op ‘n groot probleem en ons het van een na die ander dokters toegegaan vir antwoorde.  Nie een dokter kon ons help nie en het ons net vêrder en vêrder verwys.  Alle detail kan ek gee.

Ek wil julle net eers bemoedig en se moenie, moenie, moenie, moenie moed opgee nie – bid en bid en bid. 

When you hit rock bottom – You hit the Rock (God).  Ek het God getref soos nog nooit in my hele lewe nie.  Ek kon nooit verstaan as iemand se – God het vir my gesê…  inteendeel ek het gedink die persoon is Christelik hoogmoedig – wie dink hy is hy dat hy God kan hoor en dat God met hom sal praat…..  Dis menslik – dis die vlees…..totdat ek Sy dade  gesien het. 

Geloof….. Ek het voorheen altyd gesê  ek glo maar het ek????  Glo beteken om verseker te wees van die dinge wat jy hoop (dus in julle geval om seker te wees dat God klein Matt volkome gaan genees – dis mos waarop ons hoop);
‘n oortuiging van dit wat jy nie kan sien nie  (julle moet oortuig wees van God se teenwoordigheid en nabyheid en God nou al dank dat Hy reeds besig is om klein Matt gesond te maak).

Ek het met God geworstel en met predikante baklei – Hulle aangevat op goed soos:-
Wees in alle omstandighede dankbaar…..  Hoe kan ek ? – my kind is besig om dood te gaan. 
Wanneer ek swak is, is ek sterk…  Dit het eenvoudig nie vir my sin gemaak nie….totdat ek met God gepraat het en met Hom geworstel het en baklei het.  Ek kon nie verstaan nie…..  Hoekom….. Hoekom ek….. Hoekom Nadia……

Dit was HEL.  Ek kon nie slaap nie ek het heeltyd gewag dat hulle vir my se – Dis verby.  Maar God het ons gedra, gebede het ons gedra… en God het sy grootheid in die doodsure kom wys. 
Ek het gedink – hoe kan ek dankbaar wees vir dit?  Ek het begin dink…. Ek is dankbaar omdat ek ‘n man het wat my ondersteun, finansies om haar hier in ICU te kon opneem, ‘n Oupa en Ouma wat na haar boetie kan kyk, ek het die hele land wat vir haar bid en so het ek al my gawes en seëninge begin opnoem en ek het besef dat ek moet dankbaar wees in alle omstandighede.  Ek het besef dat toe ek met God praat en vir Hom se – U moet doen wat u moet doen – ek kan nie meer nie – Toe het ek haar en myself TOTAAL aan Hom oorgegee en toe ek op my swakste was en nie meer kon nie,  was ek sterk want toe kon God die leisels oorneem.  Toe eers het ek my krag in Hom ontdek. 

God praat met mense op verskillende maniere en wyses en as mens begin geestelik raak begin jy raaksien wat jy voorheen nooit sou raaksien nie.  Geestelike dinge.  Sms’e wat op die regte tye gestuur word as antwoord op jou gebed.  Die Gees wat jou lei om die regte stukkie te lees ens.  Die regte mense wat tot jou nader…So het ek God leer ken en hoe seer ek ookal het, hier waar ek nou sit en alles weer herleef wat julle deurgaan, dan ervaar ek weer daardie hulpeloosheid en oneindige seer en vrae wat julle nou deurgaan, en bid ek tot God dat Hy sy almagtigheid ook aan julle sal openbaar.  Ek het geleer en is steeds besig om meer en meer op God te vertrou.

God se – In my Naam sal julle siekes gesond maak en dooies opwek.  Glo dit – Spreek dit oor Matt uit – Se – In Jesus se naam verklaar ons dat Matt gesond gaan word en sy lewe aan God opgedra gaan word as dankbaarheid vir U goeie werke.

Ek het langs haar bed, met al die masjiene en monitors gesit en met God gepraat en Hy het weer lewe in haar geblaas.  Ek het geworstel en met Hom gepraat en Hy het my geantwoord deur ‘n sms van ‘n vreemde vrou wat ek nie geken het nie.  Die sms het as volg gelees:- 

Lize a WORD FROM GOD AT THIS HOUR OF GREAT NEED.  God is going 2 raise Nadia from a sick bed.  It will bring GLORY 2 God u r about 2 colide w a GOD OF MIRACLES.  Read Luke 8: 52-55. We r standing w u in vigil pray.  Be assure that God has heard yr cry 4 help HE WILL PERFORM A MIRICLE.  Nadia will live. 

Ek glo nie in toeval nie – nie meer nie – God het vir my keer op keer bewys dat dit Hy is wat deur mense en dinge met my praat en hoe meer ek met God praat hoe meer kan ek Sy onvoorwaardelike liefde in my lewe ervaar.   Ps 25:14 – God openbaar sy verborgenhede aan die wat hom vrees. 

Praat met God asof dit jou eie aardse pa is en se hom presies wat deur jou kop gaan – vertel hom alles – ook hoe jy teleurgesteld is in Hom en se dan dat jy glo dat Hy almagtig is en die enigste een is wat klein Matt kan red en ek wil jou waarborg God sal getrou wees en hom red.  God hoor gebede.  Moet net nie ophou bid nie.

Ons het ons voorberei op ‘n rolstoel totdat die dokter vir ons gesê het dat Nadia se witstof en grysstof te min is en dat ons, ons moet voorberei op veel erger as ‘n rolstoel nl. die dood.  Hyt gese hy vermoed dis die – “vanishing white matter”  sindroom aangesien sy aanhoudend agteruitgegaan het.  Syt nie meer kon regopsit nie – later net gele en die ou mondjie se spoegies het bly uitloop – Aanvanklik kon haar ogies nie meer draai nie en met die medikasie en vitamiene wat hulle vir haar in ICU gegee het, het haar oe individueel gedraai. (elkeen op sy eie missie).  Dit het aardig gelyk – Sy was skeel en woes skeel ook.  Ons het nie geweet vir wie sy kyk as sy iets vir ons probeer se het nie.  Dit was HEL om haar so te sien en ons kon niks, niks doen nie.

Ek is nie God nie maar ek wil Hom in alle eerlikheid en opregtheid aan jou bekendstel as my GOD en VADER wat my in my uur van nood geantwoord het. 

Nadia lei vandag ‘n normale lewe – Syt ‘n skeelheids operasie gehad en haar ogies is weer reg.  Ons bid nog steeds vir volkome herstel – Tans is sy nog ‘n biejie agter maar haal baie mooi in en ons dank God vir elke dag wat Hy haar vir ons gee. 
Die lewe is nie meer vir ons net vanselfsprekend nie – ons sien God raak in alles.

Mag God sy goedheid, grootheid, krag en verlossing ook aan julle openbaar en mag Hy daarin verhewe word en mag klein Matt ook eendag getuig van hoe God hom gehelp het toe geen menslike krag of verstand iets meer kon doen nie.

Mag julle bo-menslike krag ervaar want wat julle nou deurgaan is nie maklik nie. 
Onthou :-
Maak in ALLES julle begeertes met gebed en smeking en met danksegging aan God bekend en die vrede van God WAT ALLE VERSTAND TE BOWE GAAN, Sal oor julle harte en gedagtes die wag hou.

Baie sterkte ons is saam met julle in die GEES en ons gaan GOD nog dank vir nog ‘n WONDERWERK.

Liefde in Christus
Lize